Karaan se kollig op SA-landbou

Sprekers en Obaro personeel tydens die Groblersdal en Marble Hall Prestige Boeredag. (Voor, links na regs) Tommie de Lange (Bedryfsdirekteur, Obaro Handel) en Nic Bronkhorst (Besturende Direkteur, Obaro). (Middel) Prof. Mohammad Karaan (Dekaan van die Fakulteit AgriWetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch), Jaco Roodt (Besigheidsbestuurder, Obaro Marble Hall) en Hein Wagner (Blinde man met visie). (Agter) Mossie Oosthuizen (Besigheidsbestuurder, Obaro Groblersdal), Eben Pienaar (Voorsitter van SA Besproeiings Korporasie) en Willie Jacobs (Landbank).

Obaro se Prestige Boeredag te Loskop is op 16 Februarie 2016 gehou en die gaste het behoorlik aan die sprekers se lippe gehang.
Prof. Mohammad Karaan, die Dekaan van die Fakulteit AgriWetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch, het weereens die kollig gevat, met ’n objektiewe toespraak oor die huidige landboukwessies van Suid-Afrika. Volgens Prof. Karaan, ten spyte van SA se dreigende rommelstatus en die onverbiddelike droogte, is SA se landbou in ’n goeie plek. In die afgelope paar dekades, is daar groot vooruitgang in die tafeldruif- en sitrusbedrywe, asook met genetika, bio- en besproeiingstegnologieë, aanplantingstegnieke en finansiële bestuur, behaal.
“Ten spyte van die teëspoed wat landbou tans ervaar, is daar sekere landbousektore wat groot vooruitgang ervaar, met groter en beter aanplantings as ooit tevore,” het Prof. Karaan gesê.
Hy het ook egter in sy toespraak genoem dat daar wel sekere uitdagings is, wat landbou in die volgende jaar kan verwag, met ’n geskatte tekort van meer as ’n miljoen witmielies alleen teen die einde van September 2016, is ’n voedselkrisis voorspelbaar.
“SA landbou benodig innoverende adviseurs, kundiges en leiers, om oplossings vir die SA landbou se huidige probleme en enige toekomstige probleme te vind. Innovasie dryf vooruitgang en die tegniese vooruitgang van besproeiingslandbou is van kardinale belang.”
Prof. Karaan is van mening dat die samelewing belangstel in die kwaliteit van elke individu se bydra tot die gemeenskap en nie bloot individuele behoeftes nie. In kort, glo Prof. Karaan dat daar groot geleenthede vir SA Landbou is.
Nog een van die hoogtepunte van die Obaro Prestigedag was egter toe gasspreker Hein Wagner opgetree het. Hein Wagner is ? avonturier wat al, onder andere, die Cape to Rio seiljagwedvaart, dieYsterman en die Cape Epic aangedurf het. Wat hom egter onderskei van ander “adrenalien-verslaafdes” is dat hy blind gebore is en met al hierdie avonture op slegs vier sintuie staatgemaak het. Hein is ook bekend as die Wêreld Blinde Landspoed Rekordhouer met 322.52km/h.
Hein het die gehoor by tye laat skaterlag met sy unieke sin vir humor terwyl mens ander kere swaar moes wegsluk aan die trane. Ten spyte daarvan dat die lewe soms struikelblokke oor mens se pad bring, is enige iets moontlik. Hy laat nie toe dat sy blindheid in die pad staan van sy drome nie en dit is hierdie ingesteldheid wat hom as die “blinde man met uitstekende visie” bestempel het. Hein het die gehoor nagelaat met die brandende vraag: “Ek is blind… Wat is jou verskoning?”