


Elana Greyling
Die Vroue Landbou Unie Bosveldstreek het vanjaar hul 21ste bestaansjaar gevier op æn hoe noot in Vaalwater. Mev Marieta Eckard, die eerste streeksvoorsitter en ook later presidente van VLU Noord het lede herinner aan harde werk en onvergeetlike tye saam. As organisasie is die VLU reeds 81 jaar oud. VLU Noord is in 1995 gestig nadat die Transvaalse Vroue Landbou Unie in vier provinsies verdeel is. Bosveld- en Koraalstreek (in die Noorde) is gestig. “Uit elke ondervinding leer jy iets nuuts en so groei jy om ‘n beter toekoms te bou,” se Marieta. “Die VLU-vrou is inspirerend, motiverend, verdraagsaam, konsidirerend, innoverend en kreatief. Sy kan dit alles wees omdat daar æn VLU-man agter haar staan!”
Die 21ste konferensie is geopen deur VLU Noord presidente, mev. Leanda le Cornu. Die tema van die jaar is: “Werk saam aan ‘n beter toekoms”. Leanda glo dat dit uitstekend pas by die VLU. “Die VLU is soos ‘n vriendin, wat jy insit, sal jy uitkry. Die VLU is inpsirerend, leersaam, motiverend, ondersteunend, kreatief en interessant! By die skool, werk jy vir die skool, by die kerk, werk jy vir die kerk, by die werk, werk jy vir die baas, by die huis, werk jy vir jou gesin, maar by die VLU, werk jy vir jouself!”
Cordier de Beer, ‘n akteur, liedjieskrywer en sanger, het die atmosfeer nog vroliker gemaak, met sy Bosveld blues, odes aan die bosveld en ander vrolike liedjies. Hy het die voete behoorlik laat jeuk en daar was geen stywe litte op bolippe meer oor nie!
Daar is verkiesing gehou. Mev Annatjie Dreyer het die leisels as streekvoorsitter oorhandig aan mev. Ria Strydom van Ellisrastak. Die nuwe tessouriere is Erika Welgemoed. Mev Desiree Kruss is verkies as beoordelaarsameroeper, ‘n pos waarin sy reeds æn tydjie waargeneem het. In haar afskeidsgroet, se Annatjie: “Gee om, gee aan, gee hoop en met al die omgee wat aangee, groei ons met hoop ‘n beter toekoms in!”
VLU lede, wat graag hulle talente wil ontwikkel, kan deelneem aan twee vlakke kompetisies, nl. Streeks- en provinsiale vlak. Daar is geen verskil tussen die vlakke nie, behalwe dat provinsiale artkels ook op provinsiale vlak tydens VLU Noord se kongres in Mei beoordeel word.
Beautytak het weggeloop met die trofee vir die tak met die meeste punte, sowel as Top tak. Hul sakaelbeampte, mev. Altie van der Linde is aangewys as die Top Skakel. Northam en Ellisrastakke was onderskeidelik tweede en derde in die kompetisies. Ellisras het die Blommetrofee verower. Mari Meintjies van Northam was die lid met die hoogste punte, met Altie van der Linde tweede en Maritsa Jacobs derde, albei van Beauty. Mari het ook trofee ontvang vir die hoogste punte, ‘n spesiale prys van 92% vir haar hekelwerk, en vir die meeste prysennende streeksartikels. Delmarie van Zyl van Skemertak het die prys gekry vir die meeste pryswennende artikels op provinsiale vlak. Die toppresteerders op streeksvlak was Mari Meintjies van Northam, met Altie van der Linde en Maritsa Jacobs van Beauty in die tweede en derde plekke. Altie van der Linde het weer met die eerste plek weggeloop op provinsiale vlak, met Mari Meintjies tweede en Delmarie van Zyl van Skemertak derde.
Die verjaarsdag is met koek en sjampanje gevier! Nadine Goddard en haar span van Vaalwater, met die hulp van Ellisrastak, het æn lieflike atmosfeer en heerlike partytjie voorgesit, genoeg om enige 21-jarige in die wolke te he.
Die res van die uitslae was as volg van eerste na derde plekke:
Streekskompetisies:
Handvlyt – Lepelrus: Bettie Pistorius – Ellisrastak; Altie van der Linde – Beauty; Hannatjie Erasmus – Ellisras
Borduurwerk – Indiese kettingsteek: Altie van der Linde – Beauty; Mari Meintjies – Northam; Desiree Kruss – Beauty
Preservering – Mangorol: Marinda Gagiano – Northam; Maritsa Jacobs – Beauty; Tharina Pelser – Steenbokpan
Gebak – Papawersaadringkoek: Delmarie van Zyl – Skemer; Rina van Staden – Baltimore; Sunet Pretorius – Beauty
Breiwerk – kouse: Maritsa Jacobs – Beauty; Annatjie Dreyer – Northam;
Masjienwerk – Lapsonhoed: Altie van der Linde – Beauty; Riana Oosthuizen – Northam; Dina Smit – Northam
Hekelwerk – kreatiewe oorbloes: Mari Meintjies (Spesiale prys) – Northam; Annatjie Dreyer (Spesiale prys) – Norttham; Hannetjie du Plessis – Northam
Provinsiale artikels
Handvlyt – Mosaiek: Celia Goosen – Northam; Baby van Niekerk – Beauty; Bettie Pistorius – Ellisras
Borduurwerk – Mount Mellick: Deisree Kruss – Beauty; Mara Lottering – Beauty; Wilma van der Merwe – Vaalwater
Preservering – Makataanstukke: Annelise Maritz – Ellisras; Altie van der Linde – Northam; Marinda Gagiano – Northam
Gebak – 2 soorte soutbeskuitjies: Delmarie van Zyl – Skemer; Henriette Vorster – Ellisras; Marie Meintjies – Northam
Breiwerk – Oortrektrui vir ‘n kind: Mari Meintjies – Northam; Wilma van der Merwe – Vaalwater; Ina Kotze – Vaalwater
Hekelwerk – Halssnoer: Mari Meintjies – Northam; Riana Oosthuizen – Northam; Carlien Vosloo – Vaalwater;
Masjienwerk – Moderne bostuk; Desiree Kruss – Beauty; Altei van der Linde – Beauty
Kuns – Skilder voël/voëls: Lorraine Frost – Steenbokpan; Erika Lee – Strewe; Gesametnlik derde:
Marika van Zyl – Ellisras en Delmarie van Zyl
Foto – Murasie: Delmarie van Zyl – Skemer; Desiree Kruss – Beauty; Henriette Vorster – Ellisras.
