Obaro dra by tot droogteverligting

Obaro het onlangs R 250 000 aan die Agri SA Droogterampfonds geskenk, met die oog op verligting in areas wat tans hewige watertekorte en -beperkinge beleef. As ’n voorkeur landbou-maatskappy in Suid-Afrika, is dit vanselfsprekend dat Obaro alles in sy vermoë doen om boere in nood by te staan.
Die Droogterampfonds word deur Agri SA gebruik as voertuig om biede nasionale en internasionale ondersteuning te werf vir die geaffekteerde boere. Elf weke nadat die fonds geloods is, is daar reeds R6 023 548.44 aan die Droogterampfonds geskenk. R2 747 369.00 van hierdie geld is uitbetaal aan provinsies, wat die swaarste deur die droogte geraak is. Obaro is een van die fonds se hoofborge.
Met ’n onlangse inisiatief het Obaro verder gegaan om drinkwater en water vir algemene- en dieregebruik tussen die maatskappy se personeel in te samel. Die Obaro-personeel het meer as 53 498 liter water binne ’n week ingesamel. Hierdie water is aan Swartruggens in die Noord-Wes provinsie geskenk, om die gemeenskap te help. Swartruggens is swaar deur die droogte getref en die water wat Obaro aan hulle skenk, sal broodnodige verligting skep.
Op 18 Februarie 2016 het Obaro 7 000 liter van hierdie water aan die Swartruggens Gekombineerde Skool geskenk. Die res van die water sal verder aan gebiede in Swartruggens en Rustenburg versprei word.

Op die foto is die leerders van Swartruggens Gekombineerde Skool wat die 5l waterbottels ontvang het.
Op die foto is die leerders van Swartruggens Gekombineerde Skool wat die 5l waterbottels ontvang het.