

THABAZIMBI – Die tweede deel van die interhuis het Maandag 15 Februarie plaasgevind. Vir die eerstekeer in ‘n baielangtyd was daar 8 Junior en 10 Senior deelnemers! Redenaars is besigomtegroei in Frikkie Meyer!
Die toesprake wat gelewer is was van uitstaande gehalte en redenaars was goed voorberei. Die kompetisie was baie straf en die punte baie na aanmekaar.
Die uitslae is as volg:
JUNIORS:
1ste-Stiaan Joubert (Gr.8), 2de-Ruvé Blaauw (Gr.8) en 3de-Gustav Grobler (Gr. 8)
SENIORS:
1ste-Lydia Potgieter (Gr.10), 2de-Daniël Koekemoer (Gr. 11) en 3de-Anke-Mari Wentzel (Gr.10)
Baie geluk aan elke redenaar. Vir die ATKV-kompetisie word daar 6 onvoorbereide en 3 voorbereide redenaars in die span gekies, junior sowel as senior.
Die span sal teen Maandag 22 Februariebekendgemaak word. ‘n Besondere woord van dank aan die beoordelaars: Ds. Joggie Kotzé, Ds. Hennie van der Linde, Raadslid Franso Loots, Mev. Lorraine Vorster en Mnr. Johan Janse van Rensburg. Dankie ook aan Mevv. Christa Maré, Nelie Booyens en Mari van Jaarsveld vir die verwerking van al die data.
