SAVF Kersfunksie

THABAZIMBI -Dit is al ‘n instelling by die SAVF Thabazimbi om ‘n Kersfunksie vir Bosveld Oord en ander bejaardes in ons omgewing te hou. Hierdie jaar was dit weer so.

Twee leerlinge van Thabazimbi Laerskool het ook tydens die geleentheid opgetree en twee kunstenaars van Rustenburg het die seniorburgers kom vermaak met hulle uitstekende talent, naamlik Dirk en Cinda.

Hulle beoog om 184 ouetehuise te besoek, waarvan hul alreeds 10 besoek het, so, die pad is nog lank. Dirk vertel aan die SAFV dat solank hy een glimlag kan sien, weet hy dat hy sy werk gedoen het. Die seniorburgers het die optrede vreeslik geniet en Dirk en Cinda het fantastiese terugvoering ontvang en is gevra om weer te kom.

Elke bejaarde het ‘n geskenkie en koekies gekry. Na afloop van die verrigtinge is die bejaardes getrakteer met lekker, vars vrugteslaai en roomys. Geskenkies en koekies is by Tambotie mediesesorg sentrum uitgedeel.

Die SAVF Thabazimbi wil graag al die vrywilligers bedank vir al hulle hulp tydens die funksie, die donateurs vir hulle bydrae, Bosveld Oord vir die gebruik van hul saal en vir Dirk en Cinda vir hul puik optrede.

48-safv kersfunksie 2013 059

Die bestuur en verjaarsdagmaats, saam met die sangers. Vlnr: Cinda de Klerk, Dirk Jansen van Vuuren, Irene Freislich, Enna Joubert, Lourraine Darfling, Hannatjie du Plessis (voorsitter van Bosveld Oord), Wiesa Joubert en Mona van Helsdingen.