Community

AGS Kerk skenk aan kindersorg projek

Deon Krige

THABAZIMBI – Die AGS Kerk Thabazimbi het op Vrydag 30 November ‘n skenking kersgeskenke vir die U Mephi kindersorg projek oorhandig.

Vrydag se oorhandiging was deel die laaste fase van die jaarlikse projek.                                                                                                                                         Die U Mephi kinderprojek is daar gestel om alle kinders in nood by te staan en te versorg.

Die projek versorg tans meer as 800 kinders per dag wat onder andere wees gelaat is en kinders wat met MIV gebore is.                                                                                                                                                                           Volgens Pastoor Stephen Enslin was daar al van die begin van die jaar R25000 ingesamel of geskenk aan die U Mephi projek uit die gemeente. Pastoor Enslin het ook bygevoeg dat hy namens die kerk al die skenkers deur die jaar wil bedank vir wat hulle gedoen het om ‘n verskil in die kinders se lewens te maak.

Pastoor Stephen Enslin wat die Kersgeskenke oorhandig aan Pastoor Marius van Heerden, verteenwoordiger van die U Mephi projek.