Community

SAVF fokus op welsyn van gesinne

THABAZIMBI – Die afgelope maand het die SAVF Maatskaplike Dienste veral gefokus op die welsyn van gesinne.

Die SAVF het ‘n “ons gee om” verjaardagkalender projek geloods waartydens die kinders van Laerskool Thabazimbi volgens temas ‘n prentjie moes teken wat gebruik is om ‘n kalender te maak wat verkoop is om fondse in te samel.

Elke graad se prente is beoordeel deur Petro van der Merwe en Driansu van der Nest. Die pryse aan elke graad se wenners is op 29 November by Laerskool Thabazimbi aan die kinders oorhandig.

Die SAVF bedank elke leerling wat deelgeneem het asook die donateurs wat hierdie projek moontlik gemaak het. “Op ons eie is ons nie daartoe in staat nie, maar saam kan ons wel ‘n verskil maak in ander se lewens.” Het die SAVF aan Kwêvoël gesê.

Die SAVF bedank almal wat deel was van hierdie projek, in die besonders Laerskool Thabazimbi, die beoordelaars, al die borge en almal wat die “Ons gee om verjaardagkalender” bestel het. Hulle bedank ook al die kleuterskole en skole vir die verkoop van al ons “Ons gee om” knopies en wens al die wenners hartlik geluk.

Die leerlinge van Laerskool Thabazimbi se tekeninge is almal gekies om deel te wees van die verjaardagkalender projek wat deur die SAVF geloods is. Die leerlinge se tekeninge verskyn almal in die kalender en almal het pryse ontvang vir hulle prag tekeninge. Gr 3 wenners, agter vnr: Tshepo Lilanda, Simone van Niekerk, Hardus de Preez, Rouxlé Basson en Anucka van Tonder. Afwesig: Sunel Esterhuizen. Gr 2 wenners, derdery vlnr: Chrisanda du Preez, Sabrina Ferreira, Raphael de Beer, Jahné Coetzer en Tommy Swanepoel. Afwesig: Kaylin Denton. Gr1 wenners, tweede vlnr: Angelique de Beer, Tatenda Mudengu, Janco Rossouw, Banele Matelakagiso en Marisan van Buuren. Afwesig: Dyllan de Preez. Gr R wenners, voor vlnr: Lorinda van Rooyen, Zanie Pelser, Liam Santos, Willandie Nortje en Nickie Lindveld. Afwesig: JP Roedolph.