Oud Thabazimbiër presteer oorsee

AUSTRALIË – Oud Thabazimbiërs, Dirk en Annetjie Lategan wat in 2005 na Australië geëmigreer het, spog graag vandeesweek met hul dogter, Zandri se skool prestasie.

Sy het haar skoolloopbaan by Laerskool Thabazimbi begin en by Suncoast Christian College in Australië voltooi. Zandri was die top presteerder in vyf van haar ses vakke en is aangewys as DUX leerling van die College. Haar ouers bedank graag die personeel van Laerskool Thabazimbi wat ‘n impak op haar skoolloopbaan gemaak het. Zandri is die kleindogter van die baie trotse oupa Allen du Buys van die plaas Hartebeesbult.

Zandri Lategan, ‘n oud leerling van Laerskool Thabazimbi, is as DUX leerling van Suncoast Christian College, Australië, aangewys.