Thaba “mechanical bull challenge” by Koekepan Stormloop

THABAZIMBI – Die gemeenskap van Thabazimbi en omliggende gebied word genooi om eerskomende Saterdag die “Koekepan Stormloop”, die NG Kerk se gemeentefees, by te woon.

Een van die groot trekpleisters is die “mechanical bull challenge”, daag jou maats of kollegas uit sodat die bielie van die bosveld uitgewys kan word. Daar is vele pryse om te wen, vir oud en jonk. Selfs die NG Kerk “cheetah” dominee gaan die blou bul ry dat hy sweet! Kom wys dus wat in jou steek Saterdag 4 September by die NG Kerkgronde vanaf 10:00 tot 14:00 by die Koekepan Stormloop – alles van koeke tot pannekoek en vele pret vir die kinders, byvoorbeeld waterbalie en delwery. Om 17:00 is daar gratis grootskerm rugby en om 19:00 tree Tenoor Du Preez Scholtz op. Vir navrae, skakel die kerkkantoor by 014 772 2270.