Agricultural

Beroep op renoster-eienaars

THABAZIMBI – Na aanleiding van die berig geplaas in Die Kwêvoël op 23 Januarie 2009 aangaande die renosterhoring sindikaat, word daar ‘n ernstige beroep gedoen op alle renoster eienaars om asb hulle name, nommers en e-pos adresse te stuur aan die WRSA Thabazimbi Wildbelange Groep. Besonderhede kan ge e-pos word aan rubin@thabatholo.co.za, of Rubin Els kan geskakel word op: 082 371 5083 of 014 – 777 4000.
Die belange groep wil kontak maak met renostereienaars om inligting deur te gee rondom die voorkoming van verdere renoster wildstropery. Die belangegroep beplan ook om ‘n inligtingsdag te hou aangaande hierdie aangeleentheid, voorlopig geskeduleer te Thaba Tholo op Woensdag 6 Mei 2009. 
Vir verdere inligting kan Herman Barnard, voorsitter van die WRSA Thabazimbi Wildbelange Groep gekontak word by: 014 – 772 2628 of 082 335 6441, of e-pos vir Maggi Steyn, sekretaresse, by maggisteyn@gmail.com.