Sport

Eerste Perdespringskoue vir 2009

BELA-BELA – Die eerste Perdespringskoue vir 2009 vir Thabazimbi ruiters is op 14 en 15 Februarie te Bela-Bela se Berbon Stables gehou.
Daar was 330 ruiters vanoor die hele Limpopo van so ver as Vivo en Pietersburg wat aan die skoue deelgeneem het.
Die Thabazimbi ruiters wat deelgeneem het aan die eerste SANEF Skole Skou was Liandi Pienaar van Laerskool van Wykskraal, Lindie de Beer, Christone Greyling en Gillian Trollope van Hoërskool Frikkie Meyer.
Die Skole uitslae is as volg: Liandi Pienaar met Solar Princess ontvang 2 tweedeplekke (70/80cm), Lindie de Beer met Wairwolf ontvang 2 eersteplekke op Level 4 (1m/1.1m) terwyl Gillian Trollope met Corntime ontvang ‘n eersteplek en ‘n tweedeplek op Level 2 (80/90cm).
In die “Graded” skou het Monica Willats met Wes Maki Saki ‘n allemintige 4 eersteplekke (Adult 90cm) verower, Lindie de Beer met Wairwolf ontvang 2 eersteplekke (Junior 1.00m) en Liandi Pienaar met Solar Princess ontvang 1 eersteplek (Pony Rider 70cm) wat ook beteken dat al drie hierdie ruiters hul kampioenskap afdeling wen.