Kokoriba Kampvuur Musiekfees eersdaags
KOKORIBA – Die Kokoriba Kampvuur Musiekfees vind op 8 en 9 Februarie te Kokoriba plaas. Die fees gaan om 17:00 op Vrydag 8 Februarie met ‘n hele spul top Afrikaanse sterre afskop. Die hoofvermaak vir Vrydagaand is die gewilde Jakkie Louw Band. Die verrigtinge op Saterdag begin vanaf 10:00 en beloof om feesgangers tot laataand te vermaak met Shine4 as die hoogtepunt. Daar sal verskeie groot name in die vermaaklikheidsbedryf wees, onder andere, Caroline Bosch, Etiene de Koker, Die Kaalvoetklong, Scab van Egoli, Pierre du Preez, Marlize van Schalkwyk, Bobby Angel en Billy Forest om net ‘n paar te noem. Die Musiekfees sal ook voorsiening maak vir kindervermaak, verskeie kosstalletjies sal die hongerpyne onder dwang hou terwyl feesgangers die verskillende uitstallerings besigtig. Daar sal beslis iets vir elkeen wees om te doen en te sien. Die chalets is reeds propvol, maar dagbesoekers is welkom. Diegene wat eerder ‘n karavaan wil saamsleep moet gou spring om nog ‘n plekkie te skrop. Die kostes vir die naweek beloop R40 vir volwassenes vir Vrydag terwyl skoliers op Vrydag slegs R30 betaal. Saterdag sal volwassenes R80 moet opdok en skoliere R50, dit sluit die hele dag se pret in. Skakel Carla Fourie van Brazen Events, organiseerder van die fees by 082 906 9002 of skakel Kokoriba by 012 277 1204 vir besprekings en navrae. Shine4, die uiters gewilde meisiegroep, is die hoogtepunt van Saterdag se vermaak tydens die Kokoriba Kampvuur Musiekfees.
