Editorial

Kundige: Tabakvervaardigers aandadig by onwettige sigarethandel

Te midde van protes teen die verbod op die verkoop van tabakprodukte wat die onwettige mark hiervoor bevoordeel, beweer ’n skrywer en kundige op hierdie gebied dat maatskappye reeds vir dekades hierby aandadige is.

Die kundige op dié gebied en skrywer van Dirty Tobacco wat die donkerkant van die tabakindustrie blootlê, Telita Snycker, het hierdie stelling Woensdag tydens ’n virtuele voorlegging aan die Cape Town Press Club gemaak.

Sy het genoem dat Zimbabwe vir jare die grootste deel van hierdie swartmark hanteer het. Navorsing toon nou dat sowat 25% van hierdie onwettige mark van groot maatskappye afkomstig is.

“Suid-Afrikaanse vervaardigers verklaar slegs ’n gedeelte van die volle voorraad wat volgens dokumente na die buiteland uitgevoer word, terwyl die res terug gehou word, soveel dat sowat 66% van die beweerde uitvoere nie deur die land wat dit invoer verklaar word nie. Dit hou belangrike belastingimplikasies in.”

Snyckers sê sy glo dat die regering die rasionele grens oortree het toe hulle die verkoop van tabakprodukte verbied het aangesien die ekonomies verliese die verwagte skade aan gesondheid ver oorskry.

Read more