Editorial

Noodtoestand verleng tot middel Julie

Die Noodtoestand wat op 15 Maart 2020 onder die seksies 27(1) en 27(2) ingevolge die Ramp Bestuur Wet 2002 deur die minister van Koöperatiewe bestuur en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma verklaar is, is vir een maand verleng.

Die aankondiging dat die regering die noodtoestand vir ’n verdere maand ingevolge die wet mag verleng nadat dit op 15 Junie sou verstryk, is deur die minister van die presidensie, Jackson Mthembu, gemaak nadat Dlamini-Zuma besluit het dat dit die volgende stap is om te verseker dat die Vlak-3 inperking regulasies wel ten volle toegepas kan word.

Volgens die bepaling in bogenoemde wet het Dlamini-Zuma die reg om die noodtoestand op ’n maandelikse basis te verleng soos wat sy dit nodig ag om die Covid-19 pandemie te beveg.

Read more