CommunityEntertainment

RivoDrama se studente deur na Op Die Planke Toneel Fees se Nasionale beoordeling

Studente van RivoDrama het verlede week die voorreg gehad om oudisies te doen vir die Monoloog Fees vir die jong teater en toneel fees, Op Die Planke Toneel Fees, wat verlede jaar, 2018, deur Armand Britz op die been gebring is.

Op Die Planke Toneel Fees is ‘n Nasionale kompetisie wat in Afrikaans en Engels aangebied word. Deur kompetisie word ‘n platform geskep waar leerlinge van alle ouderdomme hulle passies kan uitleef en talente kan beoefen om hulself te kan verbeter.

Op Die Planke Toneel Fees beskik oor ‘n verskeidenheid items, soos die Toneel Fees, Monoloog Fees, Monoloogskryf Fees en die Teksskryf fees.

Op Die Planke Toneel Fees beoog om volgende jaar 2020 die Revue en Kunsuitstalling fees bekend te stel waardeur elke kultuurleerling die geleentheid gebied word om hulle talente uit te leef en via Streek, dan Provinsiaal en moontlik Nasionaal te kan deelneem

Keurders, en spesifiek Armand Britz, besoek skole waar hulle keurings doen vir deelnemers aan Op Die Planke Toneel Fees. Met Rita Volschenk wat reeds vir etlike jare besig is om jong akteurs deur RivoDrama af te rig en voor te berei, het die aanbieders van Op Die Planke Fees nie eens nodig gehad om die skole te besoek nie en is die dramastudente  vir die streekuitdunne in die KunsteGrot beoordeel.

Belangstellende ouers het die geleentheid gehad om hulle kinders se oudisies vir die Monoloog Fees by te woon. Dit was ‘n wonderlike ervaring om te sien met hoeveel selfvertroue beide die laer- en hoërskoolleerlinge die verhoog betree en elkeen sy/haar monoloog aangebied het.

Die keurders het al die deelnemers geloof vir hulle afgeronde monoloë en het slegs positiewe raad en wenke gegee wat van groot waarde is.

Elke deelnemer het ‘n sertifikaat ontvang met kommentaar oor hulle spesifieke monoloog.

Die 26 RiVo Dramastudente het die keurders so beïndruk dat almal in hulle onderskeie grade deur is na die Nasionale beoordeling van Op Die Planke Toneel se Monoloog Fees wat op 19 Oktober by Hoërskool Jeugland  in Kemptonpark sal plaasvind

Vir meer inligting besoek www.opdieplanketoneelfees.com of stuur ‘n epos na opdieplanketoneelfees@gmail.com

Die Laerskool dramastudente van RivoDarma wat deur is na die Nasionale beoordeling van Op Die Planke Monoloog Fees is op die foto van links voor: Lara Ellis (Gr 3), Mia-Miné du Plessis (Gr 2), Liané Thuynsma (Gr 2), Martelize Groenewald (Gr 3), Duan van der Nest (Gr 3) en Taryn Stander (Gr 4). Agter: Nickie Lindtvelt (Gr 7), Nicolet Trichardt (Gr 6), Jarianca du Plessis (Gr 6), Deané Prinsloo (Gr 5), Lize Venter (Gr 5), Gert-Hendrik du Plessis (Gr 4) en Kieran Soares (Gr 7). Heel regs op die foto is Armand Britz van Op Die Planke Toneel Fees.
Die Hoërskool dramastudente van RivoDrama wat deelgeneem het, is van links voor: Ané Viljoen (Gr 8), Noenoe Coetzee (Gr 8), Liselotte Smit (Gr 9), Gerdie du Plessis (Gr 12), Nelita J van Rensburg (Gr 9), en Kiano Soares (Gr 11). Agter: Ruben Viljoen (Gr 10), Caronay Fouché (Gr 11), Dané Coetzee (Gr 11), Daniël van Zyl (Gr 11), William Niemand (Gr 11) en Kadin Soares (Gr 9). Saam met hulle op die foto is Rudeker Matthee (hulpbeoordelaar), heel links en Armand Britz, heel regs.