Entertainment

A’s en Plusse deur die bank vir RiVo Studente

RiVo Dramastudente het die afgelope Vrydag, 10 Mei, by die Pretoria Eisteddfod, wat by Hoërskool Zwartkop aangebied is, uitstekend presteer met 2 A’s, 21 A+ en 6 A++ toekennings. Hieronder was daar ook sewe toekennings as Afdeling wenners.

Altesaam 12 hoërskool studente (HFM) en een van Laerskool Thabazimbi het aan die kompetisie deelgeneem.

Die uitslae was soos volg:

Graad 8: Ané Viljoen: Poësie (Wenner van die afdeling met A++); Prosa (A+) en Monoloog (Wenner van die afdeling met A++). Izandri Joubert: Poësie (A+) en Gedramatiseerde Prosa (A+).

Graad 9: Kadin Soares: Poësie (A) en Monoloog (Afdeling wenner met A+). Lieselotte Smit: Poësie (A+); Prosa (A+) en Gedramatiseerde Prosa (A++). Nelita Janse van Rensburg: Poësie (Afdeling wenner met A+) en Monoloog (A+).

Graad 10: Ruben Viljoen: Poësie (A+) en Prosa (A+).

Graad 11: Caronay Fouché: Poësie (Afdeling wenner A+) en Monoloog (A+). Dané Coetzee: Poësie (A+) en Monoloog (A+). Daniël van Zyl: Poësie (A+); Prosa (A++) en Monoloog (A+). Kiano Soares: Poësie (A) Prosa (A+) en Monoloog (Afdeling wenner met A+) en William Niemand: Poësie (A+); Prosa (A++ Afdeling wenner) en Monoloog (A+).

Die enigste inskrywing in die Laerskole afdeling was Kieran Soares Gr 7: Poësie (A) en Monoloog (A+).

Die volgende Eisteddfods is:

KunsteGrot Kunstefees – 8 Augustus (Slegs laerskool Dramastudente) en 9 Augustus (Hoërskool)

Thabazimbi Kunste Eisteddfod – 12 tot 16 Augustus (Slegs laerskole)

Moot vir Moot Kunstefees, Pretoria – 19 Oktober

RiVo se Dramastudente wat met harde werk deurgans ’n hoë standaard gelewer het. Hulle is op die foto agter van links: Kadin Soares, Ruben Viljoen, Daniël van Zyl, William Niemand, Dané Coetzee, en Kiano Soares. Voor van links: Kieran Soares Gr 7, Caronay Fouché, Ané Viljoen, Rita Volschenk, Izandri Joubert, Lieselotte Smit, Nelita Janse van Rensburg en Gerdie du Plessis.