Hoërskool leerlinge presteer by Pretoria Eisteddfod
THABAZIMBI – Nege Hoërskoolstudente van RiVo Drama Studio het Vrydag, 27 Mei aan die Pretoria Eisteddfod gaan deelneem en skitterend presteer. Hulle het altesaam aan 24 items deelgeneem en behaal 15 (A++ ), 8 (A+) en een A
Die uitslag was as volg:
Graad 8
Dané Coetzee – Poësie – A++ . Sy was ook die Kategorie-wenner.
Kiano Soares – Poësie – A+, Prosa – A++, asook Kategorie-wenner in hierdie afdeling, Monoloog Komies – A++ , asook Kategorie-wenner in die afdeling.
Graad 9
Gerdie du Plessis – Poësie – A+, Prosa – A++ en Monoloog Dramaties – A++. In al drie hierdie afdelings was sy ook kategorie wenners en Lize-Mari Rossouw – Prosa – A+ en Monoloog Komies – A+ en . Lize-Mari Rossouw Monoloog Komies A+. Sy was ook kategoriewenner.
Graad 10
Anke-Mari Wentzel – Poësie – A++, Prosa – A++ en Gedramatiseerde Prosa – A+. Sy was ook as kategorie-wenner in al drie afdelings aangewys.
Lara Nel – Poësie – A++, Prosa – A++ en – Monoloog Dramaties – A++ waar sy ook die Kategorie-wenner was.
Rachel van Zyl – Poësie – A+ en – Prosa – A+.
Graad 11
Anli-René van den Berg – Poësie – A++, Prosa – A++ asook Kategorie-wenner in hierdie afdeling, -Gedramatiseerde Prosa -A, en Monoloog Dramaties – A++ asook die kategorie-wenner in hierdie afdeling.
Eseias Lamprecht – Po?sie – A++ , Gedramatiseerde Po?sie – A++ en Prosa – A++. Sy was ook kategorie-wenner in al drie hierdie afdelings.