Viva Koning Zuma

6a00d834515c5f69e201901ecb168f970b-800wi

Die “Koning van die Zulu’s” het dit reggekry. Hy, en net hy, alleen is in beheer van Suid-Afrika se skatkis, hetsy deur die polisie of diegene wat in beheer is van die belasting betalers is wat maar minder as 15% van die totale bevolking uitmaak. Hierdie sowat 15 % betaal sowat 83% van al die belastinginkomste vir ’n president wat die skatkis beroof ten gunste van homself en die Impi’s wat hulle om hom skaar. Hy is nie eens skaam om sommer R8 miljoen te spandeer op wiele vir sy vier vroue nie. Al is Zuma nog nie amptelik koning nie, is dit nie onmoontlik om te besef dat hy wel eendag die werklike kroon gaan bestyg nie.

Dit is sekerlik die grootste skande maar Impi’s van Afrika Leiers wat Demokrasie gebruik om aan bewind te kom, gebruik daarna die weermag, polisie en soos nou die geval is, ook die regsbank om hulle te beskerm teen die aanslag van die Openbare beskermer en die Konstitusionele Hof om te sorg dat hy nie vir die meer as 700 aanklagte teen hom wat insluit, verkragting, korrupsie en wanbesteding van Staats inkomste ten bate van homself, sy vier vroue sy familie en kaders in uitvoerende posisies binne die ANC.

Alle lande in Afrika volg hierdie formule en mens kan jouself net afvra: “Hoekom het ons gedink dat Suid-Afrika nie dieselfde voorspelbare paadjie gaan loop nie?” Met sy geslaagde reg tot Apel oor die beslissing dat hy wel op al die aanklagte in die hof moet verskyn, gaan hy beslis nog vir twee jaar in sy stoel bly sit.

Die handves op menseregte word deur die president en die ANC vertrap en hulle grootste begeerte is om die regsbank ook te swaai en almal wat teen hulle stem in die tronke te gooi om daar te verrot.

Die media is natuurlik Zuma en sy impi’s se grootste vyand want hulle weergee net altyd die negatiewe gedeelte en sê niks oor die ANC se suksesse nie – Watter suksesse? Selfs die parlement word bedreig, nie noodwendig deur die ANC nie, maar die EFF wat dit onbeheerbaar maak. Dit is een ding om jou saak te stel, maar om die verrigtinge te ontwrig tot op die stadium dat uitsmyters gebruik moet word om oproerige parlementslede uit sie gebou te verwyder, gaan uiteindelik daartoe lei dat alle vorme van werklike demokrasie omvêrgegooi gaan word met ’n diktator aan bewind.

Ongelukkig het die meerderheid van die swart gemeenskap wat ook die minste tot die staatskis bydra, die idee dat hoe ryker die leier, hoe beter sal hy na hulle kyk en in sy rykdom deel. Hier hoef mens maar net te kyk na die miljarde rand wat op welsyn toelaes spandeer word. Dit is mos ’n goeie leier wat sorg dat die werklose vroue met kinders toelaes kry. In part gevalle staan selfs oumas in die ry met nog ’n kleintjie agterop die rug vasgemaak. Dit is haar eie kind. Haar kleindogter staan in dieselfde ry om ook haar toelaes vir haar kinders te ontvang.

Nie een van hierdie mense het ’n benul vanwaar die geld kom nie. Hulle is ook nie daaroor bekommerd nie, net solank die “Koning” sy rykdom met hulle deel.

Hierdie vergrype aan die staatsinkomste deur Zuma en sy Impi’s in die kabinet, het reeds die stadium bereik dat al hoe meer groot besighede hul inkomste uit die land neem. Beperkings om meer uit te neem as wat die wet toestaan word maklik omseil. Dit is nie hulle wat verloor nie, maar die werknemers van veral die klein tot middelslag ondernemings wat eenvoudig net nie kan voortgaan nie en eenvoudig net hul deure toetrek as gevolg van die druk op hulle kragtens belasting en onredelike arbeidswetgewing wat werkers bevoordeel tot nadeel van die eienaar van die onderneming.