Mnr die Munisipale Bestuurder

Ons lesers skryf:

 

Hiermee wil ek jou net gelukwens met die mislukte GOP-vergadering op 26 November 2013. Dit is ‘n tipiese bewys wat die ANC geleide stadsraad vir Wyk 2 se inwoners voel.

Dit is ‘n skreiende skande dat die burgemeester en haar speaker nie teenwoordig was nie. As ‘n mens ‘n vergadering roep dan gee jy ‘n agenda uit en ook notules van die vorige vergadering.

Tydens die GOP vergadering moet jy aan ons bewys wat julle spandeer het tot nou toe, ons wil syfers en kwitansies sien, wat nie gedoen is nie.

Toe jy sien die vergadering word op band opgeneem, toe vra jy om die opname te beïndig waarna jy die vergadering beïndig het. Ek dink dit is pateties van ‘n persoon wat jou posisie beklee om so ‘n belangrike vergadering so te eindig.

Mnr jy moet net onthou, jy werk vir die inwoners, want die inwoners is die mense wat jou salaris betaal, Wyk 2 se inwoners betaal 80% van die munisipale inkomste en jy en jou burgemeester faal hulle.

Frik

(Red: Brief verkort)