THABAZIMBI – Bespreek sommer nou ‘n plek by die KunsteGrot met Blackie Swart vir 22 September vir ‘n ongelooflike ervaring en kry op die koop toe ‘n gratis CD.
Blackie Swart ruk die volume-knop af oor die ompad wat musiek met hom oor drie dekades geloop het. Met ‘n kitaargedrewe vertoning, bederf hy jou ore, en neem hy jou op paaie, ver weg van die uithang-bord wat sê “Where Lulu lives!”
Hierdie veteraan-musikant se vertoning vermaak met sy komiese vertellings, maar sal jou terselfdertyd op die stoel se punt hou met vlymskerp blues, rock, flamenco…..en natuurlik, Lulu! Hoe dan anders?
Ervaar die oomblik wanneer mnr Swart sy T-hemp aantrek wat sê: “I’m not a rock star, I’m a legend!”
Die ander belangrike optredes by die KunsteGrot vir 2010 is Heléne Bester op 22 Oktober en Manuel Escorcio op 19 November.
Vir alle navrae en besprekings kontak Rita by 083 7448559 / rivol@telkomsa.net

