Ons lesers skryf – Thabazimbi Diere Hotel Sluit

Dis werklik met ’n knop in die keel dat ek na 10 jaar moet afskeid neem van my getroue kliente en hulle diere kinders. Ek gaan julle baie mis.

Dit is nodig dat ek julle almal bedank vir die vertroue wat in my gestel is, en die ondersteuning oor die jare heen. Daar is goeie vriende gemaak en baie nuwe intrekkers ontmoet. Dankie ook aan die Medivet vir bystand.

‘n Mens raak verseker geheg aan die diere wat soms jaar vir jaar die hele Desember by jou kuier en jou stertswaaiend groet as hulle jou weer sien. Daar is ook dankbaarheid in my hart dat ek die diens kan lewer in Thabazimbi en  vertrou dat daar vir julle ‘n ander “Koshuis” vir die diere sal begin.

Ek besef dat baie mense nou met hulle hande in die hare sit die Desembermaand. Vanaf 1 Oktober 2010 sal u dan asseblief ander reëlings moet tref en ek hoop en vertrou dat dit met julle baie goed sal gaan.

Groete
Olivia Pretorius van Thabazimbi Diere Hotel