Court rules that Tokkie Swanepoel is Mayor
Wet seëvier: DA Burgemeester weer terug met titel – Scroll down to read English media statement
Die wet het geseëvier nadat die Limpopo Hoë Hof beslis het dat Tokkie Swanepoel as die wettige burgemeester van Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit heraangestel moet word.
Dit volg nadat die DA Burgemeester, Tokkie Swanepoel, asook amptenare en lede van die veelparty koalisie na ʼn onwettig mosie van wantroue uit die raad gedwing is.
Na hierdie onwettige oorname van die Burgemeester en Speaker is die waarnemende munisiplae bestuurder, waarnemende finansiële hoof asook die hoof van korporatiewe dienste se poste deur die ANC raadslede met persone van hul eie keuse gevul.
Die Demokratiese Alliansie (DA) se Konstitusionele Hoof van Thabazimbi, Desiree van der Walt LP, sê in ʼn mediaverklaring dat hierdie kader-ontplooiing duidelik georkestreer is en deel vorm van die ANC se strewe om die Thabazimbi Plaaslike Munisiapleiteit te kaap.
Die hof het in sy uitspraak beveel dat alle onwettige mosies deur die munisipale raad waardeur die regmatige amptenare en raadslede uitgeskop is, ongeldig is en dat die wettige persone weer in hierdie ampte aangestel word.
Dit volg nadat ʼn raadsvergadering op 21 Oktober 2022 deur die Speaker, raadslid Ben Tlhabadira wat binne sy reg opgetree het, die vergadering laat verdaag het.
Al die besluite wat daarna deur die oorblywende ANC lede in die raad geneem is, insluitende resolusies wat aanvaar is, was onwettig.
Maatreëls vir die ontslag van dienende raadslede asook amptenare is reeds voorheen in die hof beslis en mag slegs binne ʼn vasgestelde raamwerk gebeur.
Die Struktuur Wet seksie 49(1)(a) maak voorsiening dat die burgemeester die Voorsitter van die Uitvoerende Komitee is. In terme van seksie 53(1) mag enige lid van die Uitvoerende Komitee of al sy lede uit hul posies verwyder word op voorwaarde dat hulle vooraf in kennis van die besluit gestel word.
Dit word gedoen om die betrokke lede geleentheid te bied dat daar oor die saak gedebateer word.
Dieselfde prosedure moet gevolg word as die Speaker of die Burgemeester uit hul poste onthef word.
Die Waarnemende Regter President Limpopo afdeling; Polokwane, regter MV Semenya, het genoem dat die vergadering waartydens die raadslede en amptenare afgedank is nie veronderstel was om gehou te word nie deurdat die Speaker die vergadering reeds laat verdaag het.
Verder word die aanwysing in terme van die wet dat die munisipale bestuurder in die afwesigheid van die verkose burgemeester oor hierdie mag beskik, nie alleen bevraagteken word nie maar word ook betwis.
Another victory for the rule of law as DA’s Tokkie Swanepoel reinstated as Thabazimbi mayor
The Democratic Alliance (DA) in Limpopo is exceptionally pleased that once again, the rule of law has been upheld following the Limpopo High Court judgement that has reinstated Tokkie Swanepoel as the lawful mayor of the Thabazimbi Local Municipality.
This legal challenge was launched by the DA after Mayor Swanepoel and the multi-party coalition were unlawfully removed from office by the ANC just over a year ago.
Following Mayor Swanepoel’s unlawful removal, the ANC quickly moved to unlawfully dismiss the acting municipal manager, acting chief financial officer, and acting director for corporate services and replaced them with other individuals of their choice. These acts of cadre deployment were clearly orchestrated to help the ANC pursue their campaign of state capture of the Thabazimbi Local Municipality.
The order of the High Court further set aside the unlawful motions of council that dismissed the officials who were acting as municipal manager, chief financial officer, and corporate services director at the time of the multi-party coalition’s unlawful removal from office.
The DA looks forward to good governance returning to the communities of the Thabazimbi Local Municipality and is confident that Mayor Swanepoel will turn the ship around once again. The DA is unapologetic in our quest to hold the line on the rule of law and stop the ANC from breaking our hard-earned democracy.
By Desiree van der Walt MP – DA Constituency Head for Thabazimbi