Voorslagtoekennings vir Ysterberg Voortrekkers
Ysterberg Voortrekkers van Thabazimbi het onlangs die Voortrekkers se Voorslag toetskamp, wat op die Hartbeesfontein Voortrekkerkamp in Pretoria aangebied is, bygewoon.
Voorslag is ʼn groot gebeurtenis vir elke Penkop en Drawwertjie wat die Voorslagkamp bygewoon en geslaag het. Dié kamp het van 16 tot 18 September plaasgevind en drie Gr7 seuns van Ysterberg Voortrekkers het die kamp bygewoon.
Al drie die seuns, Conrad Res, Raymond Wolfaardt en Wiaan Croukamp, het hulle Penkop en Drawwertjie Voorslag toekennings tydens ʼn Gala funksie wat op 22 Oktober 2022 by die Voortrekker Monument se Senotaafsaal aangebied is ontvang.