Suid-Afrika beweeg na ’n laer-middel inkomste land
Suid-Afrika se ekonomie is besig om in ’n vorteks van afname ingesuig te word, sodanig dat die land teen die einde van hierdie dekade ’n laer-middel inkomste land gaan word.
Dit beteken dat die inkomste van die gemiddelde inwoner tot so ’n mate afneem dat die land deur die Wêreldbank vanaf die hoër-middel inkomstegroep afgegradeer word na die laer-middel inkomstegroep.
Die Wêreldbank het ekonomieë in vier groepe opgedeel naamlik laag, laer-middel, hoër-middel en hoë-inkomste lande. Hierdie klassifisering word baseer op die Bruto Binnelandse Produk per capita, of te wel, die land se totale inkomste verdeel om die aanduiding van die teoretiese inkomste per inwoner te bepaal.
Jonathan Katzenellenbogen van Daily Vriend, wys daarop dat volgens die raadgewende firma, Eunomix, se model aantoon dat Suid-Afrika die status van laer-middel inkomste reeds teen 2028 gaan bereik.
Die hoofrede vir die land se afgradering na laer-middel inkomste is ’n direkte refleksie op die ANC se heerskappy weens sy onvermoë om groei aan te wakker en hervormings deur te voer.
Die daling in die land se per capita inkomste is vir die afgelope paar jaar reeds sigbaar besig om te daal sonder die gebruik van die Eunomix-model. Oor die afgelope sewe jaar het dit beduidend afgeneem en met die Covid-19 inperking het dit skerp gedaal.
Die langdurige en periodieke Covid-19 inperking bepalings oor die afgelope twee jaar het die ekonomies groeikoers ver onderkant die bevolkingsaanwassing gedwing wat beteken dat die aanwas in bevolking neem vinniger toe as die ekonomies groei. Dit beteken dat die per capita-inkomste verder daal aangesien dit nou onder meer mense verdeel moet word.
Volgens die Nasionale Tesourie vooruitsigte gaan die ekonomie vanjaar met 5,1 persent groei as daar ontslae geraak word van die streng Covid-19 inperking. Ongelukkig toon die vooruitsig op slegs 1,8 persent groei vir volgende jaar en 1,6 persent vir die jaar daarop.
Die artikel sluit af deur te sê dat deur behoorlike beleid en hervorming, Suid-Afrika as ’n ontluikende ekonomie wel ’n groeikoers van meer as 5 persent per jaar sal kan handhaaf.