Kommentaar: Geveg om Covid-19 entstof – Ramaphosa blameer ryk lande
President Cyril Ramaphosa het tydens die virtuele Wêreld Ekonomies Forum, wat op 35 Januarie afgeskop het, in sy toespraak verwys na sogenaamde ‘entstof nasionalisme’.
Hiermee het hy ryk lande daarvan beskuldig dat hulle groot hoeveelhede entstof, soms vier maal meer as wat hulle vir hulle totale bevolking benodig, by die ontwikkelaars en vervaardigers van Covid-19 entstowwe aangekoop het en dit net eenvoudig vir hulself hou.
Ramaphosa het gesê dat sommige ryk lande hierdie entstowwe vashou en hy sê-aan hierdie lande om die oormaat entstowwe wat hulle bestel en bymekaargemaak het vry te stel. Hy het ook gesê dat daar is geen doel daarin dat ’n land van miskien 40 miljoen inwoners 120 miljoen en selfs soveel as 160 miljoen dosisse entstof aanskaf nie. Dit terwyl die wêreld toegang tot daardie entstowwe nodig het.
Terwyl hy beweer dat daar marginale suksesse deur Afrika taakspanne was in die verkryging van entstowwe, het hy die ryk land versoek om entstof te voorsien sodat die wêreld die virus saam kan beveg. Hy het bygevoeg dat hy nie verwag dat die entstowwe weggegee word nie, maar die gebakte hande is tog uitgesteek toe hy genoem het dat finansiële bystand verwelkom sal word.
Kommentaar deur Pieter Coetee
Bron: Angry SAs speak: Quit the vaccine blame game, Mr President
BizNews – 27 Januarie
Read more at BizNews as well as comments – Lees meer kommentaar