Health

Ivermectin –Beheerraad skep weg vir navorsing

Die hoof uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte Beheerraad (SAHPRA), Boitumelo Semete-Makokotlela, het aangekondig dat die weg geskep is vir ’n toegang-program vir die beheerde gebruik van ivermectin vir pasiënte wat aan Covid-19 lei.

Sy het gesê dat baie spesifieke riglyne vir hierdie program binne die eerskomende paar dae aangekondig sal word.

Dieselfde goedkeuring sal hier van toepassing wees as vir medisyne wat nie in Suid-Afrika geregistreer is vir menslike gebruik maar wat met veiligheid en suksesvol in ander lande gebruik word.

Volgens Semete-Makokotlela sal professionele gesondheidsverskaffers behoorlik aansoek moet doen om te verseker dat hulle die verantwoordelikheid vir doeltreffende veiligheid en monitering van die produk aanvaar.

“Hiermee word ’n groot verantwoordelikheid op die skouers van die professionele gesondheidsverskaffers geplaas,” het sy gesê.

Aangesien die middels wat deel van die program vorm vir menslike gebruik, nie vir diere nie, vervaardig moet wees en gegewe dat daar geen so ’n produk in Suid-Afrika beskikbaar is nie, moet dit vanaf ’n betroubare verskaffer ingevoer word.

Volgens die voorsitter van die SAHPRA Raad, professor Helen Rees, is hulle volkome bewus van die desperate situasie wat heers en dat onwettige gebruik op sigself ’n veiligheid bekommernis inhou wat ook in berekening gehou moet word.

“Ons het geen beheer oor die toepaslike dosis of frekwensie daarvan, indien ivermectin onwettig voorgeskryf of toegedien word nie, maar ten minste is daar nou ’n weg oop wat die reguleerder magtig om die middel te monitor en data in te samel.”

Read More – Lees meer

Bron: Daily Maverick – Article by Mark Heywood• 27 January 2021