FeaturedGeneral

Reuse- Tweede Wêreldoorlog bom ontplof in Poolse kanaal

’n Reuse bom wat uit die Tweede Wêreldoorlog dateer het Dinsdag 13 Oktober, ontplof nadat dit vroeër in ’n kanaal in Poland ontdek is.

Die Tallboy, ook beter bekend as ’n “aardbewingbom”, het sowat 6 000 kg geweeg toe dit deur die Britse RAF gedurende die finale maande van die oorlog op Pole laat val is.

Hierdie bom was die grootste wat nog ooit in Poland gevind is en was gebruik gedurende ’n aanval op die Duitse skip Lützow.

Die Poolse vloot het Dinsdag probeer om die bom onskadelik te stel deur die bom te verhit totdat dit brand eerder as om dit te ontlont.

Dit het nie geslaag nie en die bom het in die kanaal naby die hawe van Scinoujscie ontplof. ’n Reuse- pluim water is deur die ontploffing die lug in geskiet.

Die operasie het reeds Maandag begin toe sowat 750 inwoners uit die gebied ontruim is terwyl duikers afgestuur is om die situasie te evalueer.

Die woordvoerder van die Poolse Verdedigingsmag het gesê dat geen beserings of skade aangemeld is nie.

Die Nazi-besette Pole het gedurende die Tweede Wêreldoorlog gereeld onder die bombardement van die geallieerde magte deurgeloop en baie stede in die land is in puin gelê.

Die bom was een van 12 Tallboys wat deur die RAF se sogenaamde “Dambusters” Lancaster bomwerpers eskader gedurende April 1945 gebruik is. Een van hulle het egter nie ontplof nie.

Sien meer – Read More