Editorial

Data ontbreek in Besluite van Bevelsraad

Amerika is een van die lande, nieteenstande die feit dat hulle mediese noodpersoneel toegegooi is onder die meeste Covid-19 gevalle in die wêreld, wat tog die dissipline en vermoë het om steeds boek te hou van die ouderdomme van al die pasiënte om ’n behoorlike databank op te stel om te bepaal hoe die verskillende ouderdomsgroepe op  coronavirus infeksie reageer.

Hierdie statistieke het duidelik uitgelig dat kinder die coronavius infeksie heel anders as volwassenes ervaar en wys dit dat kinders minder as 2 persent van die mense uitmaak wat positief getoets word vir die virus, al maak kinders 22 persent van die Amerikaanse bevolking uit.

Kinders is nie immuun teen Covid-19 nie, hulle word volgens hierdie data net nie maklik krities siek of versprei dit soos volwassenes nie. Tienderjariges val ook in die lae-risikogroep, met Covid-19 sterfgevalle wat meer onder bejaardes en mense wat siek is of onderliggende siektetoestande het wat hulle immuniteit beïnvloed, voorkom.

In Suid-Afrika is daar geen statistiek van die ouderdom van pasiënte wat Covid-19 infeksies opgedoen beskikbaar nie deurdat die ANC nog nooit die vermoë ontwikkel het om iets positiefs op te bou soos ’n doeltreffende gesondheidsorg beleid nie. Miskien is die gesondheidswerkers dalk ongeletterd en kan baie nie lees of skryf nie – niks meer is onmoontlik met hierdie ANC stelsel van regeer nie.

Dit dui net op die rigtinglose besluite wat geneem word deur die Bevelsraad van die Covid-19 Rampbestuur asook die land se president wat slegs onder die druk van die grootste onderwys vakbond, en glad nie iets is wat deur wetenskaplikes aanbeveel is nie, toegee om die land se skole weereens vir ’n maand lank te sluit totdat die “piek van die infeksies afgeplat het”. Wat ’n groot wetenskaplike benaming vir ’n sinnelose besluit!

Uit verskeie oorde heers daar kommer oor die besluit waar die langtermyn negatiewe-effek om kinders uit die skole te hou te hou baie swaarder weeg as die korttermyn voordeel om ’n paar hospitaalbeddens vir Covid-19 gevalle oop te hou.

In skrille teenstelling met die geordende eerste wêreld instellings het die ANC en sy kaders al die eerste wêreld strukture, insluitend gesondheidsorg en onderwys, waaroor Suid-Afrika voor die oorname van die ANC-regering beskik het, tot in die grond afgebreek.

Sodanig dat ons basiese en hoër onderwysstelsel met universiteite wie se diploma’s en grade wêreldwyd erkenning geniet het en wat met onder die beste in die wêreld vergelyk kon word, nou tot nikswerd en patetiese kwalifikasies verkrummel het.

Dit het tot gevolg dat indien jy jou professionele beroep of enigiets waar jy bewys van jou diploma- of graadstudie vir keuring moet voorlê, jy eers die bepaalde land se finale eksamens op hul standaard moet slaag voordat jy as Suid-Afrikaner in aanmerking geneem word.

Onderwys en gesondheid is die twee portefeuljes wat sekerlik die grootste enkele begrotings is wat deel van die nasionale jaarlikse begroting uitmaak. Duidelik bereik hierdie geld nie die bestemming waar dit veronderstel is om gespandeer word nie, maar verdwyn dit deur openlike diefstal en korrupsie in kaders en korrupte politici se gatsakke.

Solank as wat die regering hom deur die vakbonde aan die korthare laat voortsleep sal die ANC nooit korrupsie, diefstal, oorbesteding, armoede, hongersnood en al die negatiewe elemente wat Suid-Afrika se ekonomie tot rommelstatus verlaag het, kan afskud nie en stap ons maar eenvoudig dieselfde paadjie as die res van die ander swart Afrika state, wat ook demokrasie gebruik het om uiteindelik die sterkste stam in beheer te kry met geen parlementêre opposisie nie.

Gevegte oor die beheer van die land sal weereens ontwikkel, soos in die dae toe die swart stamme van Midde-Afrika ‘n paar eeue gelede suid getrek het en hulle hier aan die suidpunt van Afrika gevestig het, waar die stamme weereens in etniese gevegte teen mekaar betrokke sal raak in die stryd om as diktator met sy generaals, in ’n eenpartystaat, oor die ander te regeer – Die storie van Afrika wat homself telkens herhaal. Kyk noord en sien wat ook nou besig is om hier in Suid-Afrika te gebeur.

Kommentaar deur Pieter Coetzee: Redakteur – Kwêvoël (sedert1983)