Community

Ondersteun Ons Tuis bejaardes met maalvleis en mieliemeel

Die Ons Tuis groep doen ‘n dringende beroep op Suid-Afrikaners om die We^Can aksie ten bate van die groep, te ondersteun. We^Can maak dit sedert die begin van die inperking vir mense moontlik om voedsel produkte teen drasties verminderde pryse, namens groepe wat na weerbares omsien, aan te koop.

Ons Tuis is vandeesweek aangewys as ‘n begunstigde van een van We^Can se uitdagings. Met dié projek hoop Ons Tuis om 500 kospakke bestaande uit 500g maalvleis en ‘n 2,5kg sak mieliemeel teen die spertyd van 26 Julie 2020 aangekoop te kry. Elke pak beloop R57 en die normale waarde van so ‘n kombinasiepak is rondom R80. Die meer as ‘n duisend inwoners van Ons Tuis tehuise in drie provinsies is sedert die inperking – as die weerbaarste groep – uitgelewer aan die goedgunstigheid van gemeenskappe om hulle finansieel te ondersteun. Die tehuise bied onder normale omstandighede veldtogte en funksies aan om hulle fondse aan te vul en versorging van die hoogste kwaliteit te verskaf. Dit is egter alles gekanselleer sedert die koms van COVID-19.

Enige persoon wat kan bydra tot die uitdaging, het tot Sondag (middernag) geleentheid om van die pakke aan te koop. Die kos sal na afloop van die uitdaging aan die Ons Tuis tehuise versprei word.

Koop hier