Editorial

PANDA: Vlak-1 beperkings die volgende stap om ekonomie te red

Suid-Afrika se Covid-19 modelle rede vir astronomiese voorspellings

Die amptelike projeksie vir Covid-19 sterftes vir Suid-Afrika is gestel op 375 000 wat beslis die lewendige daglig uit enige lewende siel sal jaag, volgens die amptelike woordvoerder van die Pandemics, Data and Analytics (PANDA) koördineerders, Nick Hudson, en was die rede vir die noodtoestand en die gevolglike inperking wat afgekondig is.

Volgens Hudson is hierdie syfer mettertyd afgebring na 40 000, wat volgens PANDA steeds ’n geweldige oorskatting van die werklikheid is, met verwysing na die model wat voorspel dat daar teen November vanjaar sowat 40 000 sterftes weens Covid-19 sal wees.

Volgens PANDA is die formaat en struktuur van die modelle wat gebruik is verkeerd en word daagliks verkeerd bewys.

Nieteenstaande die feit dat PANDA betrokke was by die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, se model simposium en hulle hul saak gestel het hoekom die modelle verkeerd is, met spesifieke verwysing na die Covid-19 model, was daar geen verdere interaksie met die departement nie.

Die een fout in die model is die eksponensiële groei wat nêrens ter wêreld waargeneem is nie, asook die aanname oor die aantal slagoffers van die siekte en noodlottige aansteekbare gevalle.

In al die gevalle moet aannames geneem word om die berekenings te maak. Die eksponensiële berekening wat gebruik is, is nêrens ter wêreld ervaar nie.

Die tweede fout was die aanname dat almal vatbaar is vir die siekte en aansteeklik is daarvoor.

Hudson het verder genoem dat die voorspelling van die aantal besmettings en sterftes in Suid-Afrika nooit aan die publiek bekend gemaak is nie, wat ’n groot probleem skep.

Op grond van hul bevindings, sê Hudson, om verdere skade aan die ekonomie te voorkom, is die volgende stap om die inperking na Vlak-1 te verlaag.

Read more