Editorial

Goeie nuus oor skole wat kan heropen: VF Plus

Die VF Plus-LP en hoofwoordvoerder: Basiese onderwys, Dr Wynand Boshoff,sê in ‘n mediaverklaring wat op 2 Junie uitgereik is dat die VF Plus is verheug oor die aankondiging dat skole wat daarvoor voorbereid is, dadelik en volledig kan open.

Die onopvallende wyse waarop hierdie aankondiging sonder die nodige reklame in die Staatskoerant  (nr. 43381) van 1 Junie 2020 gepubliseer is, lok egter vrae uit.

Volgens die Staatskoerant mag (kon) skole wel teen 1 Junie vir graad 7 en 12 open en die infasering van ander skooljare word uiteengesit.

Dan volg die belangrike aankondiging dat skole wat aan die nodige vereistes voldoen, van daardie skedule kan afwyk met die nodige toestemming.

Hierdie toegewing is ‘n belangrike oorwinning vir skoolgemeenskappe wat meer as hulle deel gedoen het om skole vir heropening gereed te kry. Die VF Plus is oortuig dat hierdie skole beste praktyke sal vestig, wat tot voordeel van alles skole sal wees.