Winkelier doodgesteek oor sigarette
’n Winkelier van Malmesbury in die Wes-Kaap is doodgesteek en sy kollega ernstig gewond deur ’n persoon wat daarop aangedring het dat hy sigarette wil hê.
’n Argument het ontstaan toe die winkelier geweier het aangesien dit in terme van die inperking verbied is.
Die verdagte het toe die winkelier met ’n mes aangeval en hom noodlottig gewond.