General

Oorlaaide bus stort 200m in kloof af – 25 dood

Die dodetal in die ongeluk waartydens ’n bus sowat 200m in ’n diep kloof afgestort het nadat die busbestuurder op die grondpad verloor het, het tot 25 gestyg.

Die aanvanklike dodetal was op 21 vasgestel maar meer mense het beswyk terwyl reddingspanne besig was om beseerdes uit die diep kloof te haal.

Die bus, wat veronderstel is om 65 mense te vervoer, was duidelik oorlaai met ten minste 90 mense aan boord toe die ongeluk gebeur het.

Die ongeluk het Maandag 2 Maart op pad tussen Butterworth en Centane in die Oos-Kaap gebeur. Volgens die woordvoerder van die departement van gesondheid van die Oos-Kaap, Sizwe Kupelo, is al 25 persone op die toneel dood verklaar.

Meer as 60 beseerdes is na hospitale in die omgewing afgevoer. ’n Drie-jarige kind is onder die erg beseerdes.