HFM Leerlinge en Leerkragte kry Erkenning
Hoërskool Frikkie Meyer het Vrydag 17 Januarie 2020 hul Toekennings Geleentheid by die skool aangebied waartydens leerlinge toekennings ontvang het op grond van hul prestasies gedurende 2019 op die verskillende terreine van Akademie, Sport en Kultuur.
Tydens die geleentheid is die ontvangers van die top toekenning van Duxleerling asook die Lourier-en Luiperd-Toekennings bekend gemaak. Die Lourier en Luiperd toekennings is nie net op akademie gerig nie, maar ook hoe die besondere leerling betrokke is by al die skoolaktiwiteite.
Die Duxleerling
vir 2019 is Miné Lategan. Miné het sewe onderskeidings in die afgelope
Nasionale Sertifikaat Eksamen verwerf en het ook verskeie Limpopo Provinsiale
asook Waterberg Streek toekennings ontvang.
Miné, hoofdogter van Hoërskool Frikkie Meyer 2019, het ook op sportgebied
presteer en is as die Netbalspeler van die Jaar vir 2019 aangewys, wat alles
daartoe bygedra het dat sy as HFM se Lourierleerling van 2019 aangewys is.
Die eer van die Luiperd Leerling vir 2019 het Jani du Plessis toegeval.
Verskeie toekenning is gemaak aan Gr 12 – Nasionale Senior Sertifikaat kandidate.
Distrikstoekennings:
Elize-Mari Coetzee: Best learner – English First Additional Language; Beste leerder –Ekonomie in Waterberg. Teswell Cloete: 9de Beste leerder in Waterberg. Lara du Plessis: 8ste Beste leerder in Waterberg. Hugo van Niekerk: 6de Beste leerder in Waterberg. Miné Lategan – Distrikstoekennings: Beste leerder in die Waterbergdistrik algeheel; Beste leerder in Waterberg in die volgende vakke: Lewenswetenskappe, Afrikaans HT, Geskiedenis en Lewensoriëntering.
Provinsiale Toekennings: Beste leerder – Afrikaans Huistaal (92%) en Top 30 Akademiese leerder in Limpopo Provinsie.
Foto regs: Me Francis Coetzee (Leerkrag – Afrikaans Huistaal) saam met Miné Lategan wat as die beste presteerder Afrikaans – Huistaal in die Limpopo Provinsie en in die Waterberg Streek aangewys is.
Onderwysers het ook vaktoekennings as Beste onderwysers van die Waterbergstreek ontvang naamlik:
Wiskundige Geletterdheid: Me E Fouché en B Kriel.
Besigheidstudies: Me R Janse van Rensburg.
Lewenswetenskappe: Me M Pieterse.
English First Alternative Language: Me A Jordaan en A de Witt.
Verder is Personeeltoekennings ook gemaak aan me Francis Coetzee en Martie Boshoff wat die beste leerling in Afrikaans Huistaal, Miné Lategan, in die Provinsie en Waterberg opgelewer het.
Kultuurtoekennings het gegaan aan Stiaan Joubert (Redenaar van die Jaar), Lieselotte Smit (Uitvoerende Kunste Leerling van die Jaar), Gerdie du Plessis en William Niemand (Toneelspelers van die Jaar) en William Niemand as Kultuurleerling van die Jaar.
Spesiale Sporttoekennings het gegaan aan: Tshiimiswa Nemavhola (Atleet van die Jaar), Selkirk von Wielligh (Boogskut van die Jaar), Rykie Combrink (Gholfspeler van die Jaar), Jo-Lize Butler (Gimnas van die Jaar), Wilmien Schutte (Hokkiespeler van die Jaar), Dylan Wagenaar (Jukskeispeler van die Jaar), Charné van der Berg (Krieketspeler van die Jaar), Miné Lategan (Netbalspeler van die Jaar), JB du Toit (Rugbyspeler van die Jaar), Daniël van Zyl (Skaakspeler van die Jaar) en Tristan Brits (Swemmer van die Jaar).
Die Sportseun van die Jaar is Diehann Pretorius en die Sportdogter van die Jaar is Lené Lategan.
Spesiale sporttoekennings:
Spesiale Akademiese toekennings het gegaan aan:
Izandri Joubert – Beste leerling Graad 8 (Gemiddeld 90.89%); Sabrina Teixeira Ferreira – Beste leerling Graad 9 (Gemiddeld 93%); Mari Theunissen – Beste leerling Graad 10 (Gemiddeld 87.71%) en Ruvé Blaauw – Beste leerling Graad 11 (Gemiddeld 86.14%).
Spesiale Akademiese toekennings:
Graad 12
leerlinge wat vier of meer onderskeidings behaal het, het ook spesiale
toekennings ontvang.
Graad 12 – 4A simbole: Daneel Jacobs, Tjaart Pelser, Dirco Slabbert, Charlize
van Niekerk en Sumarie Schutte.
Graad 12 – 5A simbole: Elize-Marie Coetzee, Lara du Plessis, Debbie Kuhn en
Tacia van Wyk.
Graad 12 – 7A simbole: Teswell Cloete (Gemiddeld 82,5%), Hugo van Niekerk
(Gemiddeld 84,86%) en Miné Lategan (Gemiddeld 89,5%) wat dan ook as die Duxleerling
vir 2019 aangewys is.