Toy Run met Show & Shine Motorskou
Elandstraat in Thabazimbi word Maandag 16 Desember gedeeltelik afgesper vir Liquid se Toy Run wat saam met ’n prettige Motorskou aangebied word.
Die enigste toegang om dit by te woon is slegs ’n speelgoed ding wat bestem is vir minderbevoorregte kinders.
Daar word ook gepoog om genoeg geld in te samel ten bate van Ethan Visagie, wat aan ’n seldsame spier-disfunksie ly, om ’n spesiaal aangepaste skootrekenaar vir hom te koop.
Nog ’n nood wat aangespreek gaan word, is om verligting aan die boere in die Karoo te bied deur die skenking van voer in hierdie droogtegeteisterde gedeelte van die land.
Die geleentheid word vanaf 12:00 tot 24:00 aangebied en vra die organiseerders by voorbaat verskoning vir enige ongerief wat hierdeur veroorsaak word.
Verkeersbeamptes sal deurentyd sigbaar wees om verkeersvloei te reguleer. Ondersteun gerus hierdie hoogs aanbevole liefdadigheids aanbieding.