Nieu Seeland: Mense vermis na vulkaan-uitbarsting
’n Vulkaan op Nieu Seeland se White Island het uitgebars terwyl daar sowat 100 mense in die nabyheid daarvan was.
Verskeie toeriste is opgemerk waar hulle binne die wand van die vulkaan was kort voor die uitbarsting en daar word verwag dat daar nog meer beserings kan wees.
Die werklike omvang is nog nie bekend nie aangesien die situasie nog besig is om te ontwikkel. Al wat bekend is, is dat daar wel party mense vermis word.
White Island, of Whakaari soos dit genoem word, is net af van die kus van Noord Eiland en is een van die land se aktiefste vulkane.
Desnieteenstaande is dit ’n gewilde toeristebestemming met verskeie dagtoere daarheen asook vliegtuigritte vir toeriste wat dit uit die lug wil besigtig.
Die uitbarsting het teen 02:30 plaaslike tyd begin met rook en afvalstowwe wat uitgespuug is.
Inwoners in die omgewing is ook aangeraai om binnenshuis te bly en bedag te wees op enige asneerslag.