General

Limpopo: 9 Sterf toe bakkie en motorbussie bots

’n Kop-aan-kop botsing van ’n bakkie en ’n motorbussie in die Hoedspruit omgewing het Saterdagaand die lewens van nege mense geëis.

Agt van die oorledenes is op die toneel dood verklaar terwyl nog een op pad na die hospitaal beswyk het.

Die polisie op Hoedspruit ondersoek ’n saak van manslag.

Lede van die bedreigde-spesie eenheid van die SAPD is ook na die ongelukstoneel ontbied nadat ’n besending van emmers vol slangvelle, gedroogde seesterre, krap en mog meer dooie see-diere, wat blykbaar op die bakkie was, op die toneel gevind is.

Daar kon tot dusvêr nie bepaal word hoeveel persone in elke voertuig was nie aangesien al die lyke nog nie uitgeken is nie.

Foto: SAPD verskaf