Boogskiet: Thabazimbi Gasheer vir 3D Kampioenskappe
4 Kwalifiseer vir Nasionale-, 6 vir Limpopo kleure
Thabazimbi Boogklub het onlangs die eer gehad om gasheer te speel vir die SANAA 3D Boogskiet Kampioenskappe wat die naweek van 26-27 Oktober hier op hulle baan aangebied is.
Altesaam ses lede van Thabazimbi Boogklub het Limpopo kleure verwerf waarvan vier ook vir Nasionale kleure gekwalifiseer het.
Die skuts wat kleure ontvang het, is Chris Welgemoed (Limpopo), Bianca Kleynhans (Limpopo en Nasionaal), Selkirk von Wielligh (Limpopo en Nasionaal), Jaco van Vuuren (Limpopo), Ruahan Snyman(Limpopo en Nasionaal) en Gert Snyman (Limpopo en Nasionaal).

provinsiale kleure kan met ’n “Rangefinder” verwerf word terwyl skuts wat vir Nasionale kleure kwalifiseer moet die afstande tot op 60 jaart skat.
Om vir Provinsiale kleure te kwalifiseer moet skuts drie provinsiale kwalifikasies skiet terwyl om vir Nasionale vlak te kwalifiseer moet skuts vier nasionale kwalifikasies in die seisoen skiet. Die kwalifikasies se telling verskil boonop tussen die verskillende afdelings.
Foto Regs: Selkirk von Wielligh saam met Bianca Kleynhans, afrigter, tydens die Nasionale 3D Kampioenskappe wat op Thabazimbi aangebied is. Beide het vir Limpopo sowel as Nasionale kleure gekwalifiseer.
Supersport het ook tydens die kampioenskappe die Nasionale skuts rond gevolg. Die byeenkoms sal binnekort op kanaal 208 gebeeldsend word.