Ysterberg Veldkornetskap se Voortrekkerlede amptelik ingelyf
Die Ysterberg Veldkornetskap het hul eerste kentekentoekenning en jaar afsluiting Woensdag 30 Oktober aangebied.
Tydens die geleentheid is die Vlagparade gehou en elke lid van die Veldkornetskap, offisiere en jong voortrekkers, het in hul onderskeie groepe die eed van getrouheid afgelê waarna elkeen ’n sertifikaat ontvang het en hulle die eed bevestig het deur die hoek van die sertifikaat in die Voortrekker Fakkel te brand.
Melyssa Schlebusch Gr 6 brand haar inlywings-sertifikaat nadat sy die Voortrekker-eed afgelê het. Gert Hendrik Du Plessis van die Gr 4 Poue span brand sy sertifikaat. Jacques Louis Viljoen saam met sy Offisier, Ronelle du Plessis van die Springbokspan.
Elke lid het dan ook vermelding gekry van die toekennings waarvoor hulle die afgelope jaar gekwalifiseer het.
Na die ontbinding van die Manie Maritz Voortrekker Kommando op Thabazimbi is hierdie Veldkornetskap die eerste aksie wat op 4 Mei vanjaar in die rigting gedoen word om weer ’n volwaardige Voortrekker Kommando in Thabazimbi op die been te bring. Die Veldkornetskap sorteer tans onder Brits Voortrekker Kommando en behoort teenmiddel volgende jaar as Ysterberg Voortrekker Kommando te funksioneer.
Links op foto: Bevelvoerende Offisier, Veldkornet Danie Naudé saam met die PD- en Jeugleiers vir 2020. Hulle is van links: Ettiëne Pieterse (PD), Dylan Wagenaar, Jarianca Du Plessis (PD) en Lindie Alers. Agter van links: Offisier Karin Naudé en Elna Eayrs het gedurende die jaar die Gr 5 – Luiperde span gedeel. Hulle is voor op die foto van links: Haely Jane Theunissen, Dané Wagenaar en Helena Pieterse. Karin Naudé met haar Gr 6 Bosbok span: Van links Ettiëne Pieterse, Ananda Pieterse, Offisier Karin Naudé, Melyssa Schlebusch, Jarianca Du Plessis en Lanatha Eayrs. Veldkornet Danie Naudé met sy Gr 8 Wildehonde span, Lindie Alers en Dylan Wagenaar. Veldkornet Danie Naudé saam met Wesley Eayrs – Gr 7 Hiëna Span. Offisier Lizzie Alers saam met haar Gr 4 Poue span: Hulle is van links: Raymond Wolfaardt, Tatjana Eksteen, Jaenmari Viljoen, en Gert Hendrik Du Plessis. Offisier Ronelle Du Plessis met die Gr 2 Springbok en Gr 3 Visarende Span: Hulle is van links: Franz Eayrs (Visarende span) en Jacques Louis Viljoen en Jessica Albertyn, beide van die Springbok span. Heimraadslede van links: Edward Eayrs, Wynand Manders en Thinus Alers Offisiere verbonde aan die Ysterberg Veldkornet is van links: Ronelle du Plessis, Elna Eayrs, Danie Naudé (Veldkornet), Karin Naudé en Lizzie Alers.
Aantree vir die Vlagseremonie van links: Jarianca du Plesssis, Ettiëne Pieterse (Voortrekker Vlag Draer), Jacques Louis Viljoen (Fakkel Draer), Lindie Alers en Dylan Wagenaar (SA Vlag Draer).
Die Voortrekkers bearbei die kinders op Kultuurgebied en dra dan ook die kultuur-erfenis feite voortspruitend uit die voortrekkererfenis oor. Deur die toekennings waarvoor hulle moet kwalifiseer, word hulle voorberei vir sekere handvaardighede, basiese noodhulp en onder andere oorlewing in die veld. Die meeste lede is dorpinwoners en baie min dorpskinders het kontak met die veld, daarom beskik hulle ook nie oor die kennis om daar te oorleef nie.
Tans word daar hoofsaaklik voorsiening gemaak vir Voortrekkers van die Graad R tot Graad 7 en sal nog grade bygevoeg word soos die behoefte bestaan en daar vrywillige helpers is om die klasse te hanteer.
ledegeld aan die organisasies beloop tans R800 per lid. Daar word egter voorsiening gemaak vir afbetaling vir ouers wat meer as een kind het wat wil aansluit. Bykans die helfte van die ledegeld word aan die groter Voortrekker organisasie oorbetaal vir die instandhouding van verskeie gebiedskampterreine waar naweek- of vakansiekampe aangebied word.
Tydens hierdie kampe kry voortrekkers gewoonlik kans om op te vang met toekennings wat hulle dalk gedurende die jaar op uitgemis het.
Indien jou kinders belangstel om ook deel van die Voortrekker-beweging uit te maak, Kontak gerus vir Karen Naude by kp.naude@gmail.com of skakel Danie Naudé by 082 738 6737.
