Ysterberg Veldkornetskap: Omgee-Dag om dogtertjie te help
Een van die selfopgelegte take van die Ysterberg Veldkornetskap Voortrekkers die afgelope jaar, was die Omgee-Dag wat hulle op 17 Augustus by Thaba Superspar aangebied het toe hulle worsbroodjies verkoop en gesiggies geverf het.
Die fondse wat hulle hiermee geïn het, is aangewend om te help met die mediese versorging van Lizandri Oosthuizen, ’n leerling verbonde aan Laerskool Thabazimbi wat erge brandwonde opgedoen het toe sy gedurende Julie 2019 per ongeluk in ’n bad met baie warm water geval en 45% brandwonde opgedoen het.

Ysterberg Veldkornetskap bedank dan ook vir Hannes Coetzee van Thaba Superspar vir die ruim borgskap van die wors wat gebraai is.
Foto regs: Die geld wat ingesamel is, is op 21 Augustus deur Ysterberg Veldkornetskap se twee Jeugleiers, Dylan Wagenaar en Lindie Alers aan Lizandri se ma, Chantel Oosthuizen, oorhandig.
