Wildtelers aanvaar volle verantwoordelikheid van wildbedryf
Sowat 1000 wildboere het op 25 Oktober 2019 in Pretoria byeengekom om verskeie spesie- en wildverenigings te identifiseer om die 33 spesies, wat ingevolge die Diere Verbeterings Wet (Animal Improvement Act – AIA) en in die Regerings Gazette gelys is, te reguleer.
Die Wet val onder die jurisdiksie van die Departement van Landbou, Land-hervorming en Plaaslike Ontwikkeling en maak voorsiening vir die daarstelling van verenigings wat praktyke, asook verordenings en standaarde sal stel vir selfregulering ten opsigte van die teel van diere soos gelys.
Die onlangse lys is soortgelyk aan die lys wat gedurende 2016 uitgebring is waartydens 12 wildsbokspesies ingesluit is.
Die byeenkoms is deur die Wildbewarings Forum (Game Rangers’ Forum GRF), asook ’n nie-geaffilieerde inisiatief deur drs Gert Dry en Peter Oberem, beide bekende rolspelers in die wildsektor, gereël.
Tydens die byeenkoms is agt interim spesie-verenigings benoem om voorsiening te maak vir al die gelyste spesies binne ’n vereniging.
Hierdie interim verenigings sal in die behoeftes van die volgende groepe voldoen naamlik bastergemsbokke en swartwitpense, renosters (swart en wit), bontebok en blesbok, buffels, megafaun (olifant, seekoei en kameelperd), roofdiere (jagluiperds, luiperd, leeu, wildehonde, bruin hyena en gevlekte hyena), wildgroep 1 (klein wildsbokkies soos klipspringer, springbok, steenbok, ens.) en wildgroep 2 (groot wildsbokke en zebra).
Daar is verder ooreengekom dat die Algemene Jaarvergaderings van al die spesies verenigings voor die einde van April 2020 sal geskied.
Verder sal ’n Wildsvleis waardestelling-ketting Vereniging riglyne verskaf ten opsigte van hierdie waardestelling-ketting om verbruikers toegang tot veilige en gehalte wildsprodukte te bied.
Gedurende die volgende drie maande sal hierdie verenigings bestuurstrukture skep asook praktiese modelle voorlê vir versagte praktyke asook om verbode wildboerdery metodes te voorkom, om uiteindelik by te dra tot voedsel en ekonomiese sekuriteit in Suid-Afrika.
Wildboere sal by hierdie verenigings vir die regte spesie kan registreer en terselfdertyd kwalifiseer as multi-spesielid van al die spesie verenigings.
Volgens dr Gert Dry, word die insluiting van wildspesies onder die vaandel van die AIA deur wildboere verwelkom aangesien dit die irrasionele biosentries-gedrewe jurisdiksie van die Departement van omgewingsake, bosbou en visserye (DEFF) verwyder. Hierdie departement het vir die afgelope 15 jaar verhoed dat die wildboerdery bedryf sy volle potensiaal bereik. “Ons hoef nie meer met ’n departement te onderhandel wat ’n arbitrêre aanslag tot omgewingsbewaring het en aan hulle amptenare die reg gee om te besluit of ’n permit toegestaan word of nie.”
Wildboere wat deel is van hierdie inisiatief vertrou dat dit sal bydra om die vier pilare van die industrie, naamlik eko-toerisme, jag, wildvleisproduksie en wildteel te versterk. Dr Peter Obrehem reken dat hierdie verwikkelings die industrie sal toelaat om sy volle potensiaal te bereik sonder die hindernis van wette wat deur mense gemaak word wat glad nie die industrie ken nie.
’n Groot voordeel wat ook hieruit spruit is dat wildboere nou ook dieselfde belastingvoordele soos, ramp en droogtehulp, as kommersiële kuddeboere kan geniet.
Uitgereik deur die Game Rangers’ Forum