Haval H6 C – Alles en meer wat jy van ’n Sportnutsvoertuig verwag
Haval, die professionele Nutsvoertuie uit die GWM stal, is ewe gemaklik in die stad en snelweë as in sy rol in die oorlandse nutsvoertuig-mark.
Die Haval H6 C is gedurende September 2017 tydens die Motorfees op Kayalami aan die publiek bekend gestel.
Haval is sedertdien stadig maar seker besig om sy stempel plaaslik op die Sportnutsvoertuig-mark af te druk, net soos dit reeds as die No 1 verkoper in China se Sportnutsvoertuigmark is.

Koppe draai vir die Haval H6 C uit GWM se stal
Die Haval H6 C is die sportiewe middelslag grootte sportnutsvoertuig met sy kenmerkende soliede kurwes wat nekke laat draai vanuit elke hoek wat jy hom bekyk. ’n Duidelike bewys van Haval se sterk DNA.
Die Haval H6 C kom met ’n kragtige 2-liter tubo-aangejaagde enjin wat 140kW en 310 Nm wringkrag lewer. Voeg hierby die 16 kleppe, ’n ses-gang dubbel-koppelaar transmissie en jy sit die Sport terug in Sportnutsvoertuig.
Elegansie kom saam met ’n hele paar praktiese en nuttige bykomstighede. Dit sluit in die outo-elektriese handrem, blindekol monitor, heuwel en afdraande-monitor met die radio-volumebeheer, sport-seleksie skakelaar en parkeerhulp binne jou bereik.
Die Luxury model kom ook boonop met ’n Banddruk monitor op al die wiele wat ook op die 8 duim kleur raak-monitor aangewys word.

Die klankstelsels is uniek met 7 luidsprekers vir die Premium modelle en 8 luidsprekers, insluitend ’n sub-woofer vir die Luxury model. Die 8-duim raakskerm-monitor is standaard op al die modelle, so ook die MP5, USB, Aux en SD Kaart fasiliteite. Bluetooth en spoedbeheer skakels is ook op die stuurwiel gemonteer.
Veiligheid van die insittendes is nie afgeskeep nie met gordyn-lugsakke. ook vir die agterste passasiers in die Luukse model.
Skyfremme op al vier wiele is ook standaard toerusting op die City, Premium en Luxury modelle.
Om by te dra tot die gerief van die insittendes is daar onafhanklike verstelbare klimaat stellings vir die voorste en agterste insittendes.
Die Haval H6 C word vergesel met ’n 5-jaar of 100 000km waarborg, 5 jaar onbeperkte padbystand, asook ’n 5 jaar of 60 000km diensplan.
Moenie uitstel nie. Besoek nou Rustenburg Haval om die model van jou keuse te toetsbestuur.