HFM stel Studente Raad vir 2020 bekend

Hoërskool Frikkie Meyer het onlangs hul Studente Raad vir 2020 aangekondig.

Die nuwe Studente Raad is tydens ‘n seremonie in die saal voor al die leerlinge bekend gestel.

Tydens die seremonie het die ou Studenteraadslede lapel knopies vir die inkomende Studente Raad aangesteek.

2019_SR_HFM
Die Studente Raad vir 2020 bestaan uit Lynette Steenkamp, Henry Taylor, Kobus Marais, Megan de Aguiar, Petra Keyser, William Niemand, JD Jordaan, Kayla van der Merwe, Charlize Oberholzer, Junior Makabela, Selkirk von Wielligh, Ruvé Blaauw, Stellie Jacobs, Daniël van Zyl, Linda Jacobs, Rele Malapane, Scott Denton,  Gustav Grobler, Jannicka Coetzee, Kobus de Jager, Stiaan Joubert, Dané Coetzee, Michelle de Jesus, Anrich Basson, Will Taylor en Rykie Combrink. Saam met hulle op die foto is die Studente Raad voogde, Annerie Jordaan (heel voor links) en Danie Fouché (heel agter links) asook die skoolhoof mnr Colin Campbell (heel regs agter).
Foto verskaf deur Ninette de Aguiar – OB – HFM.