General

9 Dood – 27 Beseer in Limpopo

Sewe mense is op slag dood en ’n verdere twee is dood verklaar toe hulle by die hospitaal aangekom het na ’n botsing waarby vier voertuie betrokke was naby Zebediela in die Mokopane distrik van Limpopo.

’n Verdere 27 persone is ernstig beseer en na verskeie hospitale in die omgewing geneem vir mediese behandeling.

Die ongeluk het Saterdagaand omstreeks 20:30 op die R579 roete naby die Rafiri nedersetting gebeur.

Dit word beweer dat ’n bakkie wat ’n ander voertuig verbygesteek het in ’n kop-aan-kop botsing met ’n aankomende Toyota Quantum bussie betrokke was. Kort hierna het nog ’n Toyota Quantum asook ’n Mercedes Benz sedan motor teen die wrakstukke gebots.

Die SAPD van Zebediela is besig om ’n saak van manslag te ondersoek terwyl die ondersoek na die oorsaak van die ongeluk voortgaan.