General

Twee treine vernietig in brand – Minister beskuldig duistere mag

Die minister van Vervoer, Blade Nzimande, het in kommentaar op die brand wat twee treine Sondag in Kaapstad se stasie verwoes het, gesê dat ’n duistere mag probeer om Suid-Afrika se pendelaar trein-stelsel te vernietig.

Volgens Nzimande is dit duidelik dat hierdie “mag” gedetermineerd is om alles wat die ANC gedoen het om die Metrorail diens, veral in die Kaapstad metro korridor te verbeter, ongedaan te maak.

Die minister het ’n beroep op die gereg gedoen om die skuldiges te arresteer.