BusinessGeneral

Platinum: Wêreldwye vraag hou ook voordeel vir Suid-Afrika in

Volgens die vooruitskatting van die Wêreld Platinum Beleggingsraad (WPIC – World Platinum Investment Council), wat onlangs in hul nuutste publikasie aangekondig is, behoort die wêreld aanvraag na Platinum met sowat 7,740koz, of sowat 5% te styg.

Hierdie inligting is gebaseer op die laaste kwartaal van 2018 se syfers van die vraag en aanbod na platinum asook ’n ontleding hiervan oor die hele 2018.

Die verwagte groei word toegeskryf aan ’n verwagte beleggingsgroei wat die vorige swakker vooruitskattings oorskry kragtens aanvraag na platinum in die motor-, juweliersware- en industriële-segmente.

Alhoewel die aanvraag in die Chinese juweliersware segment in 2018 gedaal het word groei in ander wêrelddele verwag.

Selfs in Suid-Afrika is die vooruitsigte vir die verwerkte produk hoër as enige vorige voorspellings.

Nieteenstaande die voortdurende ontwrigting in Suid-Afrikaanse myne wat produksie beïnvloed, is daar volgens die hoof uitvoerende beampte van WPIC, Paul Wilson, ander faktore wat belegging in platinum in Suid-Afrika ’n hupstoot kan gee.
Dit is naamlik die herstel in die Europese dieselmark wat ’n toename in verbruik in die motorvervaardigingseksie kan meebring asook die merkwaardige styging in die prys van palladium wat platinum as ’n vervanging van palladium in die petrolvoertuie-industrie ’n werklikheid kan maak.