General

Pastoor wat dooie opwek – Begrafnisonderneming wil vervolg

Die begrafnisonderneming wie se lykswa gebruik is om die sogenaamde dooie man wat later deur die pastoor “uit die dode opgewek is” na die kerk te vervoer, het aangedui dat hy geregtelike stappe oor die misbruik van sy naam en toerusting gaan neem.

In die video (kyk vorige plasing op Kwêvoël se Facebook bladsy) word gewys hoe pastoor Lukau van die Alleluia Ministries International Church voor sy gemeentelede die man lewendig bid.

Nadat hy die “dooie” “wakker gemaak” het, het die man skielik met oopgesperde mond en oë regop in die kis gesit waarop die pastoor geroem het dat dit ’n wonderwerk was.

Die man se vrou en familie is vermoedelik in die bedrogspul betrek na bewerings dat die man die vorige Vrydagaand in die hospitaal gesterf het.

Die begrafnisdiens het ontken dat die man ooit in een van hulle instellings as ’n lyk opgeneem is.