R14mil se renosterhoring op pad na Viëtnam gekonfiskeer
Doene beamptes in Hong Kong het beslag gelê op ’n rekordhoeveelheid renosterhorings met ’n straatwaarde van ongeveer R14 miljoen wat vanaf Suid-Afrika na Viëtnam op pad was.
Die beslaglegging van die 40kg renosterhoring volg op ’n onlangse offensief van die Chinese regering om die onwettige handel van bedreigde spesies op sy grondgebied ’n nekslag toe te dien.
Hierdie beslaglegging Donderdag by die Hong Kong Lughawe volg minder as ’n maand nadat doene beamptes by die lughawe ’n massiewe smokkel bedryf vanaf Afrika, met meer as 1 000 ivoor tande waarop beslag gelê is, blootgelê het.
Twee manlike passasiers, onderskeidelik 28 en 33 jaar oud, wat vanaf Johannesburg gereis het, is ook gearresteer.
Hierdie voormalige Britse kolonie aan die suidpunt van China is een van die voorste transito punte van onwettige handel in wildlewe-produkte, insluitend haaivin en renosterhoring, oor Asië na die Chinese vasteland, waar dit onder andere aan die tradisionele Chinese medisyne sektor verskaf word.