General

HFM Redenaars Interhuis Wenners

Die Interhuis Redenaarswenners van Hoërskool Frikkie Meyer is tydens die skool se Valentynsdagvieringe aangewys.

2019 14 Feb HFM Redenaars
Op die foto is Izandri Joubert, Gerdro Grobler en Elodie van Emmenis wat onderskeidelik die Eerste, Tweede en Derde plek behaal het in die junior afdeling met hul toesprake. In die senior afdeling was Gustav Grobler, Anthony Opperman en Caronay Fouché die onderskeie wenners. Saam met hulle op die foto is die organiseerders, me Lorraine Vorster en mnr Henco Smith.