Beste Dogterswemmer in Limpopo uit HFM Span – nuwe spanfoto
Kristin Lottering van Hoërskool Frikkie Meyer se swemspan, is tydens die Limpopo Skole Swemkampioenskappe as die beste dogterswemmer in Limpopo aangewys.

Die Limpopo Skole Swemkampioenskappe 2019 is op 1 en 2 Februarie te Pietersburg aangebied en die tien swemmers van HFM wat deelgeneem het, het puik gevaar.
Kristin Lottering neem deel aan agt items. Sy verwerf agt goue medaljes en verbeter die rekords van al agt die items. Sy word ook as die beste dogterswemmer in Limpopo asook die Senior Victrix Ludorm tydens die geleentheid aangewys.
Tristan Brits swem sewe items en verwower vier goue medaljes, een silwer en een brons.
Cara Pieterse, Quinten Steenkamp en Leili Steenkamp verower elk ‘n brons medalje.
